71.0% (7 votes)

Pieter Smith

Afrikaans

My Calendar

Add items to your calendar by clicking on the icon!

.. and we'll send you a reminder before the event..

Pieter Smith

Pieter is een van ‘n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset.

Pieter Smith is 19 Augustus 1975 in Potchefstroom gebore en die jongste van drie kinders. Hy het kitaar begin speel toe hy 4 jaar oud was en vanaf sewejarige ouderdom professionele afrigting ontvang. In 1993 het Pieter sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Gimnasium, waar hy deel gevorm het van verskeie Rock Bands.

Vandat hy agtien jaar oud is, tree hy professioneel op. Na skool het hy sy tersiêre opleiding in Musiek- en Musiekonderwys voltooi waarna hy as gekwalifiseerde musiekonderwyser by die Laerskool Queenswood afrigting gegee het in kitaar, koor en revue.

Steeds was Pieter se passie vir musiek onvervuld en het hy Woensdag- en Donderdagaande by verskeie kuierplekke in Hatfield Square vir ‘n appel en ‘n ei gesing.

Pieter is een van ‘n handjievol kunstenaars wat self sy lirieke skryf en toonset. Boonop is hy die vervaardiger van al 6 sy CD’s – wat iets verklap oor sy musikale talent asook sy verbasend wye musiekkennis.

In 2001 het Pieter se optredebesprekings in so ‘n mate begin instroom, dat hy die onderwys vaarwel moes toeroep.

Sy se eerste debuutalbum, Alles wat gejaagd is sien die lig in 2001, wat toe ‘n nuwe baadjie kry met Rooikar. In 2003 kom Man op die maan uit en twee jaar later, 2005, volg Die Een. Niemand soos jy tref die rakke in 2008 en later daardie jaar bring hy die Spooknote CD uit.

Pieter is in so ‘n mate suksesvol, dat Steve Hofmeyr hom by geleentheid as die partytjiemaker van die dekade asook een van ons land se mees begaafde liedjieskrywers uitgewys het. Ander reken weer dis beter om eerder sáám met Pieter te werk as teen hom, siende dat hy met sy unieke optredestyl die Suid-Afrikaanse volk tot ‘n hegte eenheid kan bind – iets wat nie in enige kunstenaar se broekspype sit nie.

Sy naam verskyn op byna elke groot kunstefees se kunstenaarslys en sy getroue aanhangers van die afgelope 9 jaar mis nie sommer sy shows by Firkin Centurion nie. ‘n Kuiersessie gemeng met nostalgie en uitstekende vermaak. Daar is Niemand Soos Pieter Smith wat ‘n gehoor kan laat lag en saamsing nie. Gn’ wonder hy kry ‘n staande applous na sy konserte nie.

Dit het nie als oornag gebeur nie. Dit het bloedsweet geverg om te kom waar hy is. Hy is baie dankbaar vir wat hy alles ingesit het om na 9 jaar steeds besig te wees om sy unike stempel af te druk op Afrikaanse musiek. Met sy eie lirieke en melodië, het Pieter Smith ‘n huishoudelike naam geword. “Mens moenie net uit Afrikaanse musiek tap nie, maar ook terug ploeg.” Sê Pieter.

Wanneer Pieter wegbreuk van die stad se lawaai sal jy hom heelmoontlik in Plettenberbaai met ‘n pak papiere en ‘n pen langs die strand betrap waar hy sy digterskuns op papier vaspen en terug kom met die mooiste liedjies wat ons saamsing op die radio en TV.

Visvang en Geskiedenis is vir hom ‘n groot trekpleister. Hy lees graag Geskiedkundige boeke en as hy sy droom kan verwesenlik, sal hy mense op visvang ekspidisies in die diepsee wil uitvat.

Videos

Upcoming Shows

We make every effort to ensure that the information is correct but you must still confirm the address, date and time on your ticket.

Choose your city

We only want to show you relevant events, which city is closest to you?

Calendar reminders

Where should we send your calendar reminders?

Ticket Giveaway

If you win tickets where can we get hold of you?